#banking-glossary | 1 min read

Afrikaans Banking Glossary

By TymeBank - 09 September, 2021

Toepassingintegrasie
Dit is wanneer jy ’n TymeBank-rekening via die TymeBank-toepassing oopmaak. Die TymeBank-toepassing kan by Google Play, die App Store of AppGallery afgelaai word. Dit is veilig om ’n rekening deur middel van die TymeBank-toepassing oop te maak, aangesien dit van gesigherkenning gebruik maak om te bewys dat dit jy is.

Kiosk
TymeBank-kiosks is klein, tydelike en alleenstaande hokkies waar jy ’n TymeBank-rekening kan oopmaak, jou gratis Visa-debietkaart kan afhaal, jou profielstatus kan bywerk, en nog veel meer. ’n TymeBank-kiosk is nie ’n OTM nie, dus kan jy nie by die kiosk geld trek of deponeer nie. Jy kan egter gratis by enige Pick n Pay- en Boxer-teller geld trek met jou TymeBank-kaart.

USSD
USSD staan vir “unstructured supplementary service data”. Dit is kommunikasietegnologie wat finansiële dienste aan selfone voorsien. Wanneer jy ’n nommer skakel met ’n * aan die begin en ’n # aan die einde, gebruik jy USSD.

OTM
’n Outomatiese tellermasjien (OTM) maak dit moontlik vir jou om basiese banktransaksies te doen, soos om geld te trek of te deponeer, sonder om na ’n bank hoef te gaan of ’n bankteller te raadpleeg. Jy kan enige bank se OTM gebruik om geld uit jou TymeBank-rekening te trek.

EFO
’n Elektroniese fondsoorplasing (EFO) is wanneer geld elektronies van een rekening na ’n ander rekening geskuif word deur middel van ’n gerekenariseerde netwerk. EFO-transaksies word gedoen deur op ’n rekenaar of selfoon by jou bankprofiel in te teken en staan ook bekend as internet- of elektroniese banksake. Om te verseker dat die fondse vinniger aankom, doen EFO-betalings tussen 8 v.m. en 3 n.m. op weeksdae, uitsluitend openbare vakansiedae.

Saswitch
Saswitch is ’n skakelingstelsel wat dit vir jou moontlik maak om feitlik enige OTM te gebruik om kontant te trek of te deponeer, ongeag by watter bank jy is.

Direkte deposito 
Hierdie soort deposito laat jou toe om werknemers elektronies te betaal. Sodra jou loonbetaalstelsel reg is, stel jy jou diensverskaffer vir direkte deposito’s in kennis oor watter bedrag in elke werknemer se bankrekening gedeponeer moet word. Die diensverskaffer sal dan op die betaaldag die geld na die werknemers se bankrekeninge oorplaas.

Elektroniese oorbetaling
’n Elektroniese oorbetaling is ’n vinnige manier om geld te stuur. Dit word gewoonlik gebruik vir groot, ongereelde betalings, want daar is ’n koste betrokke. Jy kan elektroniese oorbetalings gebruik om sakeondernemers te betaal, of ’n groot deposito op ’n gebou of toerusting te betaal.

Smart Shopper-punte
Hierdie punte is Pick n Pay se lojaliteitspunte wat jy kan verdien wanneer jy jou TymeBank-debietkaart gebruik om by enige fisiese of aanlyn winkel te betaal. Jy kan jou Smart Shopper-punte by enige Pick n Pay spandeer.

Get the app.
Get the account.

Download the TymeBank app to open your free bank account in less than 5 min. No paperwork. No stress.

Download the TymeBank app now:

Download on the App StoreGet it on Google PlayExplore it on AppGallery